Vrystaatstadion

Vrystaatstadion
Buiteaansig van die Vrystaatstadion

Volle naam Toyotastadion
Ligging Bloemfontein, Suid-Afrika
Koördinate 29°07′02.25″S 26°12′31.85″O / 29.1172917°S 26.2088472°O / -29.1172917; 26.2088472
Eienaar Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit
Kapasiteit 46 000[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1995
Geopen 1995
Renovasie 2008
Uitgebrei 2007
Boukoste R245 miljoen
Huurders
Cheetahs (Verenigde Rugbykampioenskap)
Vrystaat Cheetahs (Curriebeker)
Bloemfontein Celtic (PSL)

Die Vrystaatstadion (tans bekend as die Toyotastadion en vroeër bekend as Vodacompark weens borgskapredes) is ’n sportstadion in Bloemfontein wat vir rugby en sokker gebruik word. Dit bied sitplek aan 48 000 toeskouers. Dié stadion is in 2009 opgradeer met die oog op die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika. Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 en die Afrikanasiesbeker 1996 is hier ook wedstryde aangebied.

'n Pawiljoen van die Vrystaatstadion

Die Vrystaatstadion is/was die tuisveld van die volgende spanne:

’n Nuwe hoofpawiljoen is aan die westekant van die stadion teen nagenoeg R40,8 miljoen gebou. In 1985 het omvangryke verbeteringe aan die pawiljoen sowat R3,84 miljoen beloop. Die spreiligte is tot 1 500 lux (ligeenheid) verbeter en die stadion is ook toegerus met ’n noodkragopwekker.

  1. http://www.fscheetahs.co.za/stadium.aspx?TID=2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search