W.A. de Klerk

W.A. de Klerk
Gebore
Willem Abraham de Klerk

7 Maart 1917
Sterf18 Julie 1996
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer, dramaturg
EggenootEna Smith

Willem Abraham de Klerk (7 Maart 191718 Julie 1996) was 'n Afrikaanse skrywer en dramaturg.[1] Sy oeuvre bestaan uit eenbedrywe, ander dramas, romans, joernalistieke prosa, jeuglektuur en reisverslae. Sy belang as skrywer word veral gesien as literatuurhistories, alhoewel sy bydrae tot die realisme ook nie ontken moet word nie.

Hy word bekroon met die Scheepersprys vir Jeugliteratuur in 1958, die Nasionale Boekhandelprys vir historiese romans in 1964, die D.F. Malanmedalje en die Hertzogprys (vir Drama) in 1958.[2]

Saam met Anna Neethling-Pohl skryf hy die briefroman, Van Willem en San onder die skuilnaam Anna Heymans.

  1. Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Willem_Adriaan_de_Klerk
  2. Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/deklerkwa.html

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search