Waffen-SS

Waffen-SS
Embleem van die Waffen-SS
Embleem van die Waffen-SS
Embleem van die Waffen-SS
Gestig 1933
Ontbind 1945
Land Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Weermagdeel Schutzstaffel
Onderdeel van Wehrmacht (de facto)
Tipe Tenk
Tenkrenadier
Kavallerie
Infanterie
Berginfanterie
Polisie
Hoofkwartier SS Führungshauptamt, Berlyn, Nazi-Duitsland
Aantal lede 1 000 000
Kleur Swart, wit, rooi
Veldslae Tweede Wêreldoorlog

Die Waffen-SS (Duits: [ˈvafən.ɛs.ɛs], letterlik: "Wapen-SS") was die gevegseenheid van die Schutzstaffel. Die Waffen-SS was onder beheer van Reichsführer-SS, Heinrich Himmler, en was deur die hele Tweede Wêreldoorlog bedrywig. 'n Klein aantal van sy amper een miljoen lede is ná die oorlog van oorlogsmisdade beskuldig en voor die Internasionale Militêre Geregshof in Neurenberg aangekla.

Die Waffen-SS is oorspronklik gestig as 'n beskermingseenheid vir die leiers van die NSDAP (Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei, "Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty"). Die eenheid het mettertyd gegroei tot 'n mag van 38 gevegsdivisies wat uit meer as 950 000 mense bestaan het, insluitende 'n aantal van die elite weermagseenhede. In die getuienis wat tydens die verhore voor die Internasionale Militêre Geregshof in Neurenberg gegee is, is die Waffen-SS as 'n kriminele organisasie veroordeel, as gevolg van hulle medewerking met die NSDAP. Waffen-SS-veterane is nie die selfde regte toegestaan as wat aan ander Duitse vegters van die Heer (die Duitse leër), die Luftwaffe of die Kriegsmarine toegestaan is nie. Dienspligtiges is egter van die veroordeling vrygestel omdat hulle tegnies gesproke onwillige vegters was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search