Wallabies

Australië
Unie Rugby Australia (RA)
Bynaam(e) Wallabies
Embleem Wallaby
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Joe Schmidt (sedert 2024)
Kaptein(s) Tate McDermott
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse George Gregan (139)[1]
Meeste toetspunte Michael Lynagh (911)[2]
Meeste drieë David Campese (64)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Nieu-Suid-Wallis (as Australië) 13–3 Britse Leeus Vlag van Verenigde Koninkryk
(Sydney, Australië; 24 Junie 1899)[4]
Grootste oorwinning
Vlag van Australië Australië 142–0 Namibië Vlag van Namibië
(Adelaide, Australië; 25 Oktober 2003)
Grootste nederlaag
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 53–8 Australië Vlag van Australië
(Johannesburg, Suid-Afrika; 30 Augustus 2008)
Wêreldbeker
Verskynings 10/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kampioen in 1991 en 1999
Unie webwerf
www.rugby.com.au/

Die Wallabies is die nasionale rugbyspan wat Australië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Die Wallabies is na die wallaby, een van verskeie spesies uit die familie van die kangaroes genoem, wat die nasionale dier van Australië is.

Vir die Wallabies is hul belangrikste internasionale verskyning om aan die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi deel te neem. Die Wallabies het aan al die wêreldbekertoernooie tot nou deelgeneem en is met twee titels die derde suksesvolste span in die geskiedenis van dié toernooi, ná die Nieu-Seelandse All Blacks en die Suid-Afrikaanse Springbokke wat elk reeds drie titels ingepalm het. Die Wallabies het die eindstryde van die Rugbywêreldbeker 1991 teen Engeland,[5][6] en die Rugbywêreldbeker 1999 teen Frankryk gewen.[7] Die Wallabies het daarbenewens in ekstra tyd die eindstryd in 2003 teen Engeland en in 2015 teen Nieu-Seeland verloor.

Die Wallabies neem sedert 1996 jaarliks aan die Rugbykampioenskapstoernooi (tot in 2011 die Drienasiesreeks) deel. Aan dié toernooi neem die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond deel, naamlik die Nieu-Seelandse All Blacks, die Suid-Afrikaanse Springbokke, die Argentynse Poemas en die Wallabies. Tydens die Rugbykampioenskapstoernooi ding die Wallabies teen Argentinië om die Poematrofee, teen Nieu-Seeland om die Bledisloebeker en teen Suid-Afrika om die Mandela Uitdaagplaat mee. Die Wallabies het vorige Drienasiesreekse al drie keer gewen (in 2000, 2001 en 2011), en later ook een keer die uitgebreide Rugbykampioenskapreeks (in 2015). Op 2 Julie 2007 het die span, ná ’n verrassende oorwinning oor die All Blacks in die Drienasies, na die tweede plek op die IRR se wêreldranglys verbeter.[8]

In 1899 het die Wallabies in hul eerste internasionale wedstryd teen die Britse Leeus in Sydney te staan gekom. Rugby word in Australië geadministreer deur Rugby Australia, wat deur Wêreldrugby saam met tien ander beheerliggame as ’n vlak-een-span beskou word. Die Australiese rugbyspan is tans (Oktober 2023) negende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys[8] en in 2001 is die Wallabies deur Wêreldrugby as die “span van die jaar” aangewys. 15 voormalige Wallabies is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die Wallabies speel beide hul tuis- en wegwedstryde in goud en groen, die tradisionele sportkleure van Australië.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 11 Oktober 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 11 Oktober 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 11 Oktober 2023.
  4. (en) "The English Footballers. England v. Australia". The Sydney Morning Herald. 24 Junie 1899. Besoek op 11 Oktober 2023.
  5. (en) "1991: Wallabies pip England". BBC. 24 September 2003. Besoek op 11 Oktober 2023.
  6. (en) "World Cup 1991". BBC. 18 November 2003. Besoek op 11 Oktober 2023.
  7. (en) "1999: Aussies rule world again". BBC. 24 September 2003. Besoek op 11 Oktober 2023.
  8. 8,0 8,1 (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 11 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search