Wapen van die Oranje-Vrystaat

Die wapen van die Oranje-Vrystaat was die amptelike heraldiese simbool van die Oranje-Vrystaat as republiek vanaf 1857 tot 1902, en later as provinsie vanaf 1937 tot 1994. Dit is saamgestel uit ’n wapenontwerp wat die koning van Nederland aan die republiek geskenk het, en elemente uit die republiek se grootseël. Die wapen word nie meer amptelik gebruik nie.

Die amptelike wapenbeskrywing is:

Op ’n skild van silwer tussen drie blou jaghorings gemond en gesnoer van rooi, ’n voorstelling van die ronde seel van die Republiek van die Oranje-Vrystaat soos aangeneem in 1856, nl. op ’n wit skyf, in die boonste gedeelte ’n boom op ’n los grond, regs vergesel van drie skape en links van ’n natuurlike leeu wat met sy regterpoot die boom ondersteun, en in die onderste gedeelte ’n voortrekkerwa op ’n los grond, alles van natuurlike kleur; dwarsbalksgewys geplaas, ’n gedrapeerde lint waarop die wapenspreuk GEDULD EN MOED voorkom, bokant die boom die woord VRYHEID en onderkant die wa die woord IMMIGRATIE; agter die skild van twee skuinsgekruisde stokke met bal en speerpunte, alles van goud, twee vlae van daardie Republiek, aan albei kante gedrapeer waarvan sigbaar is sewe bane afwissellend wit en oranje ’n kanton van drie bane, rooi, wit en blou.[1]

  1. Buro vir Heraldiek[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search