Wateros (astrologie)

癸丑

Die Wateros (癸丑, guǐchǒu) is die 50ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ; die element Water en Jin) met die tweede Aardtak (丑, chǒu), gesimboliseer deur die Os (牛, niú).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterosjaar het in 1973 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 3 Februarie 1973 tot 22 Januarie 1974.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search