Weekdiere

Weekdiere
Tydperk: Kambrium – hede, 515–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: Eumetazoa
Klade: ParaHoxozoa
Klade: Bilateria
Klade: Nephrozoa
(geen rang): Protostomia
(geen rang): Spiralia
Superfilum: Lophotrochozoa
Filum: Mollusca
Linnaeus, 1758
Klasse

Sien teks.

Diversiteit[1]
85,000 erkende lewende spesies.

Weekdiere of Molluske (Mollusca) is 'n belangrike filum van ongewerwelde diere. Hierdie diere het 'n sagte liggaam en het meestal 'n uitwendige skelet (soos 'n skulp). Die meeste van hulle kom in die see voor, veral in vlak waters langs die kus. Dit is die grootste mariene filum, met sowat 93 000 erkende spesies, of 23% van alle beskrewe mariene organismes. Hulle kom ook in varswater en op land voor.

Weekdiere is baie uiteenlopend en word in 'n groot verskeidenheid van vorme in bykans alle wêrelddele aangetref. Spesies is al op berghange asook in die diepsee gevind. Hulle kom egter meestal in nat en tropiese dele voor. Hulle grootte kan wissel van so klein as 1 mm tot to groot as 10 meter.

Meeste weekdiere het skulpe van kalk, maar sommige spesies soos die seekatte en naakslakke, moet daarsonder klaarkom. Hierdie skulpe kan maklik gefossiliseer word. Fossiele van sulke skulpe is in die Kambriumgesteentes gevind, wat daarop dui dat hulle tydens die Prekambrium in die see ontstaan het.

Weekdiere word algemeen as 'n voedselbron benut: onder andere mossels, oesters, inkvisse (tjokka vir kalamarie) en landslakke. Oesters word ook verbou vir hulle pêrels, waarmee halssnoere en ander juweliersware gemaak word. Skulpe van weekdiere word ook algemeen opgetel, versamel en vir 'n verskeidenheid ornamente (soos asbakkies) gebruik.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Chapman 2009

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search