Wes-Sahara (Arabies: الصحراء الغربية, aṣ-Ṣaḥrā’ al-Gharbīyah; Berbers: Taneẓroft Tutrimt; Spaans: Sahara Occidental) is 'n gebied wat voorheen as Spaans-Sahara, 'n kolonie van Spanje bekend gestaan het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suid van Marokko, suidwes van Algerië en noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan.
In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van 267 405 gehad. Dit beslaan 'n oppervlakte van 266 000 km². Wes-Sahara is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk, maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search