Wikipedia:Omtrent

Wikipedia is 'n veeltalige, webgebaseerde ensiklopedie met gratis inhoud wat deur enigiemand gewysig kan word. Die naam is saamgestel uit die Hawaise woord wiki ("vinnig") en "ensiklopedie". Dit is 'n samewerkingsprojek wat deur duisende gebruikers gewysig en in stand gehou word. Dit word gedoen deur middel van wiki-sagteware, en die gasheerdiens en ondersteuning word gebied deur die nie-winsgewende Wikimediastigting. Alhoewel Wikipedia beoog om tipiese ensiklopediese inligting te bevat, sluit die Wikipediabladsye ook inligting in wat 'n mens in spesialistydskrifte, geografiese woordeboekindekse en ander spesialiteitstydskrifte sou verwag. Boonop verskaf Wikipedia dekking van huidige gebeure.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search