Wikipedia:Sjabloondokumentasie

Sjablone is 'n kragtige kenmerk van MediaWiki, maar dit kan verwarrend wees vir nuwe bydraers en selfs gesoute bydraers kan dit moeilik vind om die meer ingewikkelde sjablone te verstaan. Dit moet dus van dokumentasie vergesel word om die sjabloon se bruikbaarheid te verbeter.

Sjabloondokumentasie moet verduidelik wat die sjabloon doen en hoe om dit te gebruik. Dit moet eenvoudig genoeg wees sodat 'n bydraer wat nie in diepte kennis van die binnewerkings van sjabloonsintaks het nie – wat heelwat ervare bydraers insluit wie se fokus elders lê – dit na behore kan gebruik. Dit is veral die geval met sjablone wat algemeen gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search