William IV van die Verenigde Koninkryk

William IV
Koning van die Verenigde Koninkryk en Hannover
William IV, ’n skildery deur sir Martin Archer Shee, 1833.
William IV, ’n skildery deur sir Martin Archer Shee, 1833.
Vorstehuis Hannover
Titel Koning van die Verenigde Koninkryk en Hannover
Regeer 26 Junie 183020 Junie 1837
Voorganger George IV
Opvolger Victoria
Ander titels SKH die Hertog van Clarence en St. Andrews
Volle naam William Henry
Gebore 21 Augustus 1765
Oorlede 20 Junie 1837
Eggenote Adelaide van Saxe-Meiningen
Vader George III
Moeder Charlotte van Mecklenburg-Strelitz

William IV (William Henry; 21 Augustus 1765 – 20 Junie 1837) was van 26 Junie 1830 tot met sy dood koning van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland en van Hannover. William, die derde seun van George III en die jonger broer van George IV, was die laaste koning en voorlaaste monarg van die Huis van Hannover.

Hy het tydens sy jeug diens gedoen in die Britse vloot en was, tydens sy bewind en daarna, bekend as die Matrooskoning. Nadat sy twee ouer broers kinderloos gesterf het, het hy koning geword toe hy 64 jaar oud was. Tydens sy bewind het verskeie veranderings plaasgevind: kinderarbeid is beperk, slawerny dwarsdeur die Britse Ryk afgeskaf en die verkiesingstelsel hervorm.

Met sy dood het William geen oorlewende kinders gehad wat binne die eg gebore is nie, maar agt van sy tien buite-egtelike kinders het hom oorleef. Hulle ma was die gewilde aktrise Dorothea Bland, beter bekend as Mrs Jordan, wat twintig jaar lank sy minnares was.

Hy is in Brittanje opgevolg deur sy broerskind, Victoria en in Hannover deur sy broer Ernest Augustus.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search