William Thomas Beckford



William Thomas Beckford

Engelse skrywer, kunsversamelaar en politikus


Literêre genres
Gotiese romans en reisliteratuur


Beduidende werke
Vathek (1781)

William Thomas Beckford (* 1 Oktober 1760, † 2 Mei 1844), algemeen bekend as William Beckford, was 'n Engelse roman- en reisskrywer, kunsversamelaar, kritikus en politikus wat bekendheid verwerf het as die welvarendste burger in Engeland en as die outeur van The History of the Caliph Vathek, 'n Gotiese roman wat in 1781 gepubliseer is. Sy ouers was William Beckford en Maria Hamilton, die dogter van die afgevaardigde George Hamilton.

Beckford was tussen 1784 en 1790 'n lid van die Laerhuis vir die kiesafdeling Wells en, tussen 1790 en 1795 en nog eens tussen 1806 en 1820 vir Hindon. Beckford word daarnaas verbind met twee buitengewone en eksentrieke bouprojekte, die Neogotiese herehuis Fonthill Abbey in Wiltshire en Lansdown Tower in Bath, en staan veral bekend vir sy kunsversameling.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search