Wimbledon-kampioenskap

Die hoofbaan by die All England Lawn Tennis and Croquet Club waar die Wimbledon Kampioenskappe elke jaar gehou word.
Die Wimbledon-beker.
Die elektroniese telbord by Wimbledon.

Die Wimbledon-kampioenskap (algemeen bekend as slegs Wimbledon), is die oudste belangrike kampioenskap in tennis en word oor die algemeen beskou as die mees prestigerykste.[1]

Die toernooi word jaarliks gehou tussen einde Junie tot begin Julie en eindig gewoonlik op die tweede Sondag van Julie. Dit vind plaas by die All England Lawn Tennis and Croquet Club in Londen, Engeland en is die derde "Grand Slam"-toernooi van die jaar: die Australiese Ope en die Franse Ope is die eerste twee, met die Amerikaanse Ope die vierde. Die toernooi word soms verleng as gevolg van reën en is ook die enigste "Grand Slam"-toernooi wat op 'n grasoppervlak gespeel word. (Sommige ander toernooie vind ook wel op 'n grasbaan plaas.)

Aparte toernooie word tegelykertyd gehou, almal by dieselfde plek, vir die Mans-enkelspel, die Dames-enkelspel, Mans-dubbelspel, Dames-dubbelspel en Gemengde dubbelspel. Daar word ook 'n Jeugtoernooi gehou: Seuns-enkelspel, Meisies-enkelspel, Seuns-dubbelspel en Meisies-dubbelspel.

  1. Roland Garos: The Grand Slam Geargiveer 4 Julie 2007 op Wayback Machine (in Engels).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search