Witdwerg

’n Witdwerg is ’n klein ster wat vorm nadat ’n hoofreeksster met ’n gemiddelde massa die einde van sy leeftyd bereik het. Hulle is baie dig: hul massa is vergelykbaar met dié van die Son en hul grootte met dié van die Aarde. Hul dowwe lig kom van die uitstraling van gebergte termiese energie.[1][2] Dit sal die laaste fase van evolusie wees van meer as 97% van die sterre in die Melkweg.[3]

Die naaste bekende witdwerg aan die Aarde is Sirius B, 8,6 ligjare van hier. Dit is die kleinste komponent van die Sirius-dubbelster. In Januarie 2009 is agt witdwerge getel in die honderd sterstelsels naaste aan die son.[4] Die term is in 1922 deur Willem Luyten bekend gestel.[5]

  1. Johnson, J. (2007). "Extreme Stars: White Dwarfs & Neutron Stars". Aantekeninge, Astronomie 162 (in Engels). Ohio-staatsuniversiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2019. Besoek op 17 Oktober 2011.
  2. Richmond, M. "Late stages of evolution for low-mass stars". Aantekeninge, Fisika 230 (in Engels). Rochester-instituut vir Tegnologie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 3 Mei 2007.
  3. Fontaine, G.; Brassard, P.; Bergeron, P. (2001). "The Potential of White Dwarf Cosmochronology". Publikasies van die Astronomical Society of the Pacific. 113 (782): 409. Bibcode:2001PASP..113..409F. doi:10.1086/319535.
  4. Henry, T. J. (1 Januarie 2009). "The One Hundred Nearest Star Systems" (in Engels). Research Consortium On Nearby Stars. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013. Besoek op 21 Julie 2010.
  5. Holberg, J.B. (2005). "How Degenerate Stars Came to be Known as White Dwarfs". American Astronomical Societyvergadering, 207. 207: 1503. Bibcode:2005AAS...20720501H.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search