Wolof | |
---|---|
'n Jong Wolof-man in Gambië | |
Totale bevolking: | ca. 6,2 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Senegal 5 689 710[1] Gambië 287 658[2] |
Taal: | Wolof, Frans, Engels, Arabies |
Geloofsoortuiging: | Islam (Soefisme) |
Verwante etniese groepe: | Diola, Lebu en Serer |
Die Wolof is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Wolof as moedertaal praat. Hulle leef veral in die drie lande Senegal, Gambië en Mauritanië. In Senegal vorm hulle met sowat 39% die grootste etniese groep van dié land.[4] In Gambië vorm hulle sowat 15% van die bevolking, die tweede grootste etniese groep net na die Mandinka (40%).[5] In Mauritanië bevolk hulle veral die suidelike gebiede langs die Sénégalrivier.
Die Wolof is veral bekend vir die Middeleeuse Jolof-ryk (1350–1549), een van die Mali-ryk se opvolgerstate in die hedendaagse Senegal. Die Wolof was tydens die Franse koloniale tydperk in die koloniale administrasie geïntegreer en oorheers sedert die onafhanklikheid van Senegal die kultuur en ekonomie. Tydens die koloniale tydperk is die tradisionele Afrika-godsdiens merendeels deur die Islam vervang.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search