Yosemite Nasionale Park

Yosemite Nasionale Park*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Yosemite-vallei soos gesien vanaf Tunnel View
Ligging van Yosemite Nasionale Park op 'n kaart (Verenigde State)
Yosemite Nasionale Park
Yosemite Nasionale Park
Ligging van Yosemite Nasionale Park in die Verenigde State
Koördinate: 37°51′00″N 119°34′04″W / 37.85000°N 119.56778°W / 37.85000; -119.56778
Lande Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Tipe Natuur
Kriteria vii, viii
Verwysings 308
Streek Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1984  (8ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Yosemite Nasionale Park (Engels: Yosemite National Park, uitgespreek /joʊˈsɛmɨtiː/; jo-sem-iti) is geleë in die Sierra Nevada van die deelstaat Kalifornië. Dit is op 1 Oktober 1890 deur wetgewing as nasionale park verklaar en is in 1984 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is veral bekend om die sentraalgeleë Yosemite-vallei wat begrens word deur kranswande, granietkoepels en watervalle. Die park beslaan 1,200 vierkante myl en is bykans ontoeganklik vanuit die noorde. Die park is regdeur die jaar oop vir toeriste en ski is 'n gewilde wintersport.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search