Ysbeer

Ysbeer
'n Rustende ysbeer
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
U. maritimus
Binomiale naam
Ursus maritimus
Ligging van die ysbeer se habitat

Die ysbeer (Ursus maritimus) is 'n beerspesie wat van nature in die omgewing van die Noordpool voorkom en die alfa-roofdier in die omgewing is. Sy dik lae vet en pels beskerm hom teen die koue en sy deursigtige pels, wat lyk asof dit wit of roomkleurig is, kamoefleer hom teen sy prooi. Die beer het 'n kort stert en klein ore wat hitteverlies help verminder en 'n relatiewe klein kop en 'n lang, keëlvormige liggaam wat dit makliker maak om te swem. Die ysbeer is van nature aangepas by 'n habitat van land, water en ys en is afhanklik van die pakys, drywende ysskotse en die seelewe vir oorlewing.[2]

Wetenskaplikes glo dat die geprojekteerde vermindering van die Poolse dryfys, as gevolg van aardverwarming, 'n negatiewe impak op die spesie kan hê en selfs binne hierdie eeu nog tot hulle uitsterwing kan lei. Die bevolkingssyfers het met tot 20% gedaal in die afgelope jare, die gemiddelde gewig van ysbere het afgeneem en die welpies se oorlewingsgetalle het ook ernstig gedaal.[3][4]

  1. Schliebe, S., Wiig, Ø., Derocher, A. & Lunn, N. (IUCN SSC Polar Bear Specialist Group) (2008). "Ursus maritimus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 25 April 2015. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Animal Diversity Web se bladsy oor die Ysbeer.
  3. Polar bear 'extinct within 100 years van die BBC webwerf. Laaste besoek op 2006-02-01.
  4. Ursus maritimus Geargiveer 18 Januarie 2007 op Wayback Machine op die IUCN se Rooilys van bedreigde spesies. Die inskrywing verskaf 'n grondige rede waarom hierdie spesie as kwesbaar geklassifiseer word.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search