Zagwe-dinastie

Die Koninkryk Zagwe en sy bure, omstreeks 1200.

Die Zagwe-dinastie of Zague-dinastie (Ge'ez: ዛጔ ሥርወ መንግሥት) was ’n monargale dinastie wat min of meer in die vroeë Middeleeue verskyn en in die huidige Noord-Ethiopië regeer het.[1] Die hoofstad was Lalibela. Die dinastie het oor groot dele van die gebied regeer, van omstreeks 900 tot 1270, toe die laaste Zagwe-koning, Za-Ilmaknoen, dood is in ’n veldslag teen die magte van die Abessiniese koning Jekoeno Amlak. Die naam van die dinastie kom vermoedelik van die antieke Ge'ez-frase Ze-Agau, "teenstander", met verwysing na Mara Takla Haimanot, die stigter van die dinastie.[2] Zagwe se bekendste koning was Gebre Mesqel Lalibela, wat die erkenning kry vir die bou van die monolitiese kerke van Lalibela.

Volgens David Buxton het die gebied onder die direkte heerskappy van die Zagwe-konings "moontlik die hooglande van die moderne Eritrea en die hele Tigray ingesluit en suidwaarts gestrek tot by Waag, Lasta en die Wollo-provinsie en van daar weswaarts tot by die Tanameer".[3] Anders as onder die latere heersers van Ethiopië, meen die Ethiopiese historikus Taddesse Tamrat, is broers deur broers opgevolg onder die Zagwe-dinastie, geskoei op die Agau-wette van erfenis.

  1. Marie-Laure Derat (2010): "The Zagwe dynasty (11-13th centuries) and King Yemrehanna Krestos" in "Annales d'Ethiopie 25". bl. 172
  2. Roland Oliver, The Cambridge history of Africa: From c. 1600 to c. 1790, Volume 1 (Cambridge University Press: 1982), bl. 112.
  3. David Buxon, The Abyssinians (New York: Praeger, 1970), bl. 44

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search