Zimbabwiese nasionale rugbyspan

Zimbabwe
Unie Zimbabwiese Rugbyunie (ZRU)
Bynaam(e) Sables (“die swartwitpense”)
Embleem Zimbabwiese voël
Afrigter(s) Vlag van Zimbabwe Piet Benade (sedert 2024)
Kaptein(s) Hilton Mudariki
Spankleure



Statistiek
Meeste toetse Brendon Dawson (20)[1]
Meeste punte Kennedy Tsimba (72)[2]
Meeste drieë Victor Olonga (8)[3]
Eerste internasionale wedstryd
as Rhodesië
Vlag van Suid-Rhodesië Rhodesië 11–24 Britse Leeus Vlag van Verenigde Koninkryk
(Bulawayo, Rhodesië; 30 Julie 1910)
as Zimbabwe
Vlag van Kenia Kenia 24–34 Zimbabwe Vlag van Zimbabwe
(Nairobi, Kenia; 23 Mei 1981)
Grootste oorwinning
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 130–10 Botswana Vlag van Botswana
(Bulawayo, Zimbabwe; 7 September 1996)
Grootste nederlaag
Vlag van Namibië Namibië 80–6 Zimbabwe Vlag van Zimbabwe
(Windhoek, Namibië; 15 Augustus 2015)
Wêreldbeker
Verskynings 2/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Laaste in groep 1987 en 1991
Unie webwerf
www.zimbabwerugby.com

Die Zimbabwiese nasionale rugbyspan (Engels: Zimbabwe national rugby union team) is die nasionale rugbyspan wat Zimbabwe in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Zimbabwe geadministreer deur die Zimbabwiese Rugbyunie (Zimbabwe Rugby Union, ZRU) wat in 1895 gestig is. Hulle dra die bynaam Sables, genoem na die swartwitpens (Engels: sable antelope). Zimbabwe word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Zimbabwiese rugbyspan is tans (April 2024) 31ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Saam met Ivoorkus en Kenia is Zimbabwe tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikarugbyspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias.

Rugby het aan die einde van die 19de eeu onder “wit” setlaars begin versprei, terwyl die inheemse bevolking aanvanklik meestal uitgesluit was. Die Britse kolonie Suid-Rhodesië (en die in 1965 eensydig vir onafhanklik verklaarde Rhodesië) was oor dekades heen in die buurland Suid-Afrika se speelprogram geïntegreerd en het gereeld toerende oorsese nasionale spanne gehuisves. Die onafhanklike en volgens internasionale reg erkende Zimbabwe het in 1981 sy eerste toetswedstryd teen Kenia gespeel. Zimbabwe het al aan twee rugbywêreldbekertoernooie deelgeneem, maar sowel in 1987 as in 1991 al sy wedstryde in die groepfase verloor. As gevolg van dié land se ekonomiese agteruitgang het ook die inheemse rugbysport se vlak afgeneem. Hulle het tydens die Afrikabeker een titel ingepalm, drie keer in die tweede en twee keer in die vierde plek geëindig. Die Zimbabwiese span speel tradisioneel in groen-wit-gestreepte truie met wit broeke en groen-wit-gestreepte sokkies. Twee voormalige Zimbabwiese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 28 April 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 28 April 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 28 April 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 28 April 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search