Gardameer

Gardameer

Satellietbeeld van die Gardameer

Ligging van die Gardameer
Koördinate:45°38′N 10°40′O / 45.633°N 10.667°O / 45.633; 10.667Koördinate: 45°38′N 10°40′O / 45.633°N 10.667°O / 45.633; 10.667
Ligging:Noord-Italië:
Trentino-Suid-Tirol (noorde)
Lombardye (weste)
Veneto (ooste)
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:369,98 km²
Gemiddelde diepte:136 m
Maksimum diepte:346 m
Volume:50,35 km³
Lengte:51,6 km
Breedte:16,7 km
Opvangsgebied:2 350 km²
Omtrek:158,4 km
Invloei:Sarca
Uitvloei:Mincio
Die Gardameer naby Torbole op 'n winternamiddag
Riva del Garda
'n Panoramiese uitsig oor Tremosine sul Garda
Malcesine, 'n nedersetting aan die Venetiese oosoewer (provinsie Verona). Landskapstonele soos hierdie word dikwels as 'n sintese tussen die noorde en suide beskryf
Die Gardameer in die Januarieson
Laaste strale van die Januarieson oor die Gardameer, soos gesien vanuit die Panganella-massief

Die Gardameer (Italiaans Lago di Garda) is die grootste meer in Italië met 'n oppervlakte van 369,98 vierkante kilometer. Die meer is tussen die Italiaanse Alpe in die noorde en die uitgestrekte Poriviervlakte in die suide geleë.

Die meer en sy oewerlyn maak deel uit van die Italiaanse provinsies Verona in die suidooste, Brescia in die suidweste en Trentino in die noorde. Die meer is tydens die laaste ystydperk deur die water van smeltende gletsers gevorm. Vandag is dit 'n belangrike toeristebestemming met 'n hoogs ontwikkelde infrastruktuur van vakansieoorde en hotelle langs sy oewers.

In 268 het 'n deurslaggewende slag naby die Gardameer (destyds onder sy Latynse naam Lacus Benacus bekend) plaasgevind waartydens Romeinse troepe 'n leër van Alemanniese krygers verslaan het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search