.ca

.ca is die Internettopvlakdomein van Kanada. Registrasie van .ca-domeine moet aan die Kanadese aanwesigheidseise, soos bepaalde deur die register, voldoen. Voorbeelde van geldige entiteite is:

  • meerderjarige Kanadese burgers;
  • 'n permanente inwoner van Kanada;
  • 'n wettige Kanadese organisasie;
  • eskimo's en ander oorspronklike bewoners van Kanada;
  • regeringsinstellings

Registrante kan domeine op die tweede vlak (voorbeeld.ca) of op die derde vlak registreer. Die tweede vlak bestaan uit geografiese domeine (sien onder).

Die verantwoordelikheid vir die .ca-domein word in 1988 deur Jon Postel (medewerker van die IANA) aan John Demco van die Universiteit van British Columbia oorgedra.

In 1997, op die jaarlikse konferensie van Kanadese Internetgebruikers, word besluit om die registrasieproses te versoepel en te korrigeer. Sedert 1 Desember 2000 is die stigting Canadian Internet Registration Authority (CIRA) vir die beheer van die .ca-domein aanspreeklik. Registrasies word via gesertifiseerde registrateurs behartig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search