32-Bataljon

32-Bataljon
Gestig 1975
Ontbind 26 Maart 1993
Land Suid-Afrika
Weermagdeel Suid-Afrikaanse Weermag‎
Tipe Ligte infanterie
Vaandel
Vlag
Veldslae Suid-Afrikaanse Grensoorlog

32-Bataljon (wat ook bekend gestaan het onder die byname die Buffalo Battalion en Os Terríveis, Portugees vir Die Skrikwekkendes) was 'n infanterie-bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag. Die eenheid het uit swart soldate en blanke leiergroepe bestaan. Die eenheid is in 1993 kort voor die verkiesing van 1994 ontbind op versoek van die ANC.

Die eenheid is deur luitenant-kolonel Jan Breytenbach gestig, en daarna tot 'n gedugte gevegsmag gesmee deur kolonel Eddie Viljoen en daarna deur kolonel Deon Ferreira. Eddie Viljoen het as Big Daddy onder sy troepe bekend gestaan. Die eenheid is as een van die elite-eenhede van die toenmalige Suid-Afrikaanse Weermag beskou. Die eenheid is ook een van die eenhede wat die meeste vereer is tydens die Angola-Bosoorlog, met 'n totaal van 14 Honoris Crux medaljes wat aan sy lede toegeken is. Die enigste eenheid wat meer medaljes verwerf het was die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte wie se lede 'n totaal van 46 medaljes tydens die Angolese Grensoorlog verwerf het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search