4chan

Die 4chan kenteken.

4chan is 'n anonieme Engelse beeld- en bulletinbord webwerf. Die webwerf, wat in Oktober 2003 deur Christopher "moot" Poole bekendgestel is, bied geleentheid vir plasings oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, van anime en manga tot videospeletjies, musiek, literatuur, fiksheid, politiek en sport, onder andere.[1] Registrasie is nie moontlik nie, en gebruikers plaas meestal anoniem, met vertakkings van plasings wat onlangse antwoorde ontvang "aan die bopunt van hul onderskeie borde" en ou vertakkings word outomaties uitgevee namate nuwe een geskep word. Vanaf Mei 2020 ontvang 4chan meer as 27 miljoen unieke besoekers per maand, met ongeveer 900 000 plasings wat daagliks gedoen word.[2][3].

Die webwerf is geskep as 'n eweknie van die Japannese bulletin-/beeldbordwebwerf Futaba Channel, ook bekend as 2chan[4] en die eerste bulletins is geskep om beelde en besprekings wat met met anime verband hou te plaas. 4chan is beskryf as 'n spilpunt van die internet-subkultuur, met die gemeenskap van 4chan wat invloedryk is met die skepping en verspreiding van prominente internetmeems, insluitend LOLcats, Rickrolling, en woede-strokiesprente, sowel as aktivistiese en politieke bewegings, soos Anonymous en die alternatiewe-regses.[5][6] 4chan is gereeld onder die aandag van die media geplaas as 'n bron van talle kontroversies, waaronder die koördinering van poetse, teistering, aanvalle op ander webwerwe en internetgebruikers en die plaas van onwettige inhoud, dreigemente van geweld, misogie en rassisme. The Guardian het die 4chan-gemeenskap eenkeer opgesom as "wispelturig, jeugdig ... briljant, belaglik en ontstellend".

  1. "Frames - 4chan". 4chan.org. Besoek op 28 Augustus 2019.
  2. "4stats.io". 4stats.io. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 10 Oktober 2019.
  3. "Advertise - 4chan". 4chan.org. Besoek op 10 Oktober 2019.
  4. "FAQ – What is 4chan?". 4chan. Besoek op 28 Augustus 2019.
  5. Dewey, Caitlin (25 September 2014). "Absolutely everything you need to know to understand 4chan, the Internet's own bogeyman". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2015. Besoek op 20 Oktober 2016.
  6. "4Chan: The Rude, Raunchy Underbelly of the Internet". Fox News (in Engels). 8 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2016. Besoek op 20 Oktober 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search