AK-47

AK-47

Die AK-47 (afkorting vir die Russiese Aftomat Kalasjnikowa 1947), ook bekend as die Kalasjnikof, is 'n gasgedrewe aanvalsgeweer wat deur baie Oosbloklande gebruik is tydens die Koue Oorlog. Die wapen is in 1947 gestandaardiseer en in gebruik geneem. Dit is deur Michail Kalasjnikof ontwerp en is vervaardig deur die Russiese vervaardiger, Izjewsk.[1]

Vergeleke met die outomatiese gewere wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is (buiten die StG 44) was die AK-47 meer kompak met 'n korter reikafstand, 'n kleiner 7.62 x 39 mm-patroon wat selektief gevuur kon word. Dit was een van die eerste ware aanvalsgewere en is steeds die mees gebruikte en bekendste aanvalsgeweer. Meer AK-47-gewere is vervaardig as enige ander aanvalsgeweer en die wapen word vandag nog vervaardig. Dié geweer is ook 'n besonder gewilde insurgensiewapen.

  1. Poyer, Joe. The AK-47 and AK-74 Kalashnikov Rifles and Their Variations (Sagteband). North Cape Publications. 2004. pp1.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search