Accra

Accra

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Ghana Ghana
 Streek Greater Accra Region
 Koördinate 5°33′N 0°12′W / 5.550°N 0.200°W / 5.550; -0.200
 Stigting 15de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 173 vk km
 Hoogte bo seevlak 61 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 2 291 352
 - Geskat (2020) 4,2 miljoen[1]
 - Bevolkingsdigtheid 9 589/vk km
 Tydsone UTC +0
 Burgemeester Alfred Vanderpuije
 Amptelike webwerf ama.gov.gh

Accra is die hoofstad en grootste stad van Ghana met 'n geskatte stedelike bevolking van 4,2 miljoen in 2020 en 'n oppervlakte van 173 km².[1] Dit is Ghana se grootste stad en die administratiewe, kommunikasie-, en ekonomiese middelpunt van Ghana. Die primêre ekonomiese aktiwiteite is finansiële en regeringsdienste, kommunikasie, konstruksie, vervoer en landbou (veral visserye). Meer as 70% van Ghana se vervaardigingskapasiteit is in die hoofstad.

Die stad Accra is die hoofstad van Ghana sedert 1877, en bevat openbare geboue wat die oorgang van 'n negentiende-eeuse voorstad van Victoriasborg tot die moderne metropolis wat dit vandag is weerspieël.

  1. 1,0 1,1 "Ghana". The World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2021. Besoek op 23 November 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search