Adelaide-ovaal

Adelaide-ovaal
Adelaide-ovaal in 2015

Ligging Australië, Suid-Australië, Australië
Koördinate 34°54′56″S 138°35′46″O / 34.91556°S 138.59611°O / -34.91556; 138.59611
Eienaar Suid-Australiese regering
Operateur Adelaide-ovaal SMA Bpk.
Kapasiteit 53 500[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 1872
Huurders
; Krieket

Australië (1884–hede)
Suid-Australië (1874–hede)
Adelaide Strikers (2011–hede)

Australiese voetbal

Adelaide (2014–hede)
Port Adelaide (1975–1976, 2011, 2014–hede)
Suid-Adelaide (1882–1903, 1905–1994)

Rugby League

Adelaide Rams (1997–1998)
Canterbury-Bankstown Bulldogs (2010–2011)
Sydney Roosters (2017–2019)

Die Adelaide-ovaal is 'n veeldoelige stadion in Adelaide, 'n groot stad in Australië.

Die stadion is in 1871 geopen. In 2009 het uitgebreide opknappings plaasgevind. Die staat het $535 miljoen toegestaan om die hele gebied te moderniseer sodat groot (internasionale) geleenthede voortaan hier gehou kon word. In November 2010 is die ou westelike pawiljoen vervang deur 'n nuwe een met groter kapasiteit. Twee nuwe pawiljoene is in 2012 bygevoeg (suid en oos). Die stadion kan 53 500 toeskouers huisves. Die speelveld is 167 by 124 meter.

Die stadion word hoofsaaklik vir krieket en Australiese voetbal gebruik. Rugby, sokker en tenniswedstryde word ook hier gespeel. Ten slotte is daar gereeld konserte in hierdie stadion.[2] Die Adelaide Strikers-krieketklub gebruik hierdie stadion sedert 2011 en die Australiese sokkerklub Adelaide Football Club sedert 2014. Die Suid-Adelaide-krieketspan gebruik dit ook. Dié stadion is vir die Krieketwêreldbeker 1992, die Rugbywêreldbeker 2003, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 gebruik.

  1. (en) "Adelaide Oval". Australian Stadiums & Sport. Besoek op 15 November 2022.
  2. (en) "Adelaide Oval: A timeline" (PDF). Adelaide-ovaal. 28 Desember 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 15 Oktober 2017. Besoek op 28 Desember 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search