Aischulos

Aischulos
Borsbeeld van Aischulos
in die Kapitolynse Museum, Rome
Geborec. 525 v.C./524 v.C.
Eleusis
Sterfc. 456 v.C.
Sisilië
BeroepDramaturg en soldaat
Termyn222

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Aischulos (Grieks: Αἰσχύλος, Latyn: Aeschylus; c. 525/524 v.C. – c. 455/456 v.C.) was 'n Antieke Griekse skrywer. Hy word as die vader van die Europese toneelstyl, spesifiek die tragedie, beskou.[1]

Aischulos was die eerste van die drie antieke Griekse tragedici wie se werke vandag oorleef, die ander is Sophokles.[2][3] Sy naam is afgelei van die Griekse woord aiskhos (αἶσχος), wat "oneer" beteken.[4] Volgens Aristoteles, het hy die getal rolspelers in toneelstukke uitgebrei om vir onderlinge konflik voorsiening te maak; voorheen het interaksie slegs tussen die karakters en koor geskied. Slegs sewe van sy geraamde sewentig tot negentig toneelstukke het in moderne tye oorleef; en daar bestaan 'n volgehoue debat omtrent sy outeurskap van een van hierdie stukke, Prometeus Geboei.

Minstens een van Aischulos se werke is deur die Persiese inval van Griekeland beïnvloed, wat ook tydens sy leeftyd plaasgevind het. Hierdie stuk, Die Perse, is 'n bron van inligting omtrent hierdie tydvak in Griekse geskiedenis. So belangrik was die oorlog vir Aischulos en die Grieke, dat met sy dood om en by 456 v.C., sy grafskrif sy deelname aan die Griekse sege by Marathon gedenk het, eerder as sy sukses as dramaturg.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Freeman 1999, p. 243
  3. Schlegel, August Wilhelm von. Lectures on Dramatic Art and Literature. p. 121.
  4. "Baby Names World" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2013. Besoek op 18 September 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search