Ajahuaska

Ajahuaska word berei in die Napo-omgewing van Ecuador.
Caapi besig om oor 'n vuur te kook.

Ajahuaska (ook bekend as ayahuasca) verwys na enige van die verskillende psigoaktiewe afkooksels van die rankplant Banisteriopsis caapi wat gewoonlik met die blare van dimetieltriptamienhoudende spesies of met struike van die genus Psychotria berei word. Die brousel is in die 1950's die eerste keer deur die Harvard-etnobotanis Richard Evans Schultes akademies beskryf. Hy het opgemerk dit word deur die inheemse volke van die Amasonereënwoud in Colombia onder 'n verskeidenheid name vir divinatoriese en geneeskundige doeleindes gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search