Akroniem

INRI, 'n akroniem vir Iesus Nazarenus Rex Iudaeorum (Jesus van Nazareth, koning van die Jode)

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word, byvoorbeeld VIGS (Verworwe immuniteitsgebreksindroom).

Meer formeel: 'n Akroniem is 'n naamwoord wat gevorm word deur die saamtrekking van die beginletters (of vernaamste letters) van meerwoordige name en gesamentlik presies soos 'n woord gelees en uitgespreek word.

'n Akroniem wat volgens die alfabetname van die lettters uitgespreek word, word 'n letternaamwoord genoem. Byvoorbeeld; BA, VLU, WNNR, EFF.

Wanneer die akroniem as 'n woord uitgespreek word, word dit 'n letterklankwoord genoem. Voorbeelde is Avbob (Afrikaanse Verbond Begrafnisondernemers Beperk), Sasol, en Absa).

Die volgende bronne kan geraadpleeg word vir lyste van akronieme wat tans in algemene gebruik is.

  • Müller, D en Pistor, S. Skryf Afrikaans van A tot Z. Die essensiële gids vir taalgebruikewrs. 2011. 2de uitg. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
  • HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. 2005. 5de uitg. Kaapstad: Pearson Education.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search