Al-Hidjr

الحِجْرْ
  Soera 15 van die Koran  
Klassifikasie Mekkaans
In Arabies Al-Hijr
Transliterasie Al-Hidjr, Al-Gidjr
In Afrikaans "Die Rots"
Deel 14
Ajat 99
Al-Hidjr, of Mada'in Salih.

Al-Hijr (Arabies: الحِجْرْ, "Die Rots") is die 15de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 99 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar, kort ná soera 12, Yusuf, in die laaste jaar in Mekka.

Nes ander soeras uit dié tydperk prys dit God. Dit waarsku die mense wat die boodskap verontagsaam en verskaf vertroosting en steun aan Mohammed.

Die soera se naam kom uit vers 80[1] en verwys na Mada'in Salih, 'n pre-Islamitiese argeologiese terrein wat soms Al-Hidjr genoem word.

  1. "The Quranic Arabic Corpus - Word by Word Grammar, Syntax and Morphology of the Holy Quran".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search