Aldehied

Die struktuur van asetaldehied (etanal)

'n Aldehied of alkanal is 'n organiese verbinding wat 'n karboniel-funksionele-groep (C=O) besit wat aan die einde van 'n ketting sit. Dit beteken dat in teenstelling tot wat by ketone die geval is, aan die karboniel se koolstofatoom ook 'n waterstofatoom geheg is. Die teenwoordigheid van hierdie waterstofatoom maak die chemie van ketone en aldehiede verskillend genoeg dat hulle as twee verskillende funksionele groepe en klasse verbindings gereken word.

Die bekendste en eenvoudigste aldehied is formaldehied of metanal. Metanal is egter 'n besondere geval omrede die koolstofatoom twee waterstofatome dra pleks van een. Die tweede in die homoloë reeks is asetaldehied of etanal en dit is meer kenmerkend vir die chemie van die klas van verbindings.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search