Alemanne

Woonplekke en uitbreidings van die Alemanne, belangrike veldslae en jaartal ook aangedui.

Die Alemanne (ook Alamanne, Allemanne) was 'n groep Germaanse volke, wat tot die groep van die Sueve behoort het, met die Semnone as die sterkste stam. Die naam verwys na 'n groepering van stamme "alle mense". In 360 het hulle nog 14 verskillende hertoë gehad. Hulle het oorspronklik tussen die Ryn en die Donau gewoon in die huidige Swabe. Vanaf 212 plunder hulle die Romeinse Ryk met reëlmaat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search