Allerheilige

Die voorgangers van Jesus saam met heiliges en martelaars, Fra Angelico (1423/24)
Allerheilige op 'n begraafplaas in Gniezno, Pole – versier met blomme en kerse ter nagedagtenis aan die oorledene gelowiges (2017)

Allerheilige (Latyn: Festum Omnium Sanctorum, letterlik: "Fees van al die heiliges") is 'n Christelike stille fees ter herdenking van al die heiliges – reeds bekendes en nog onbekendes.[1] In die Rooms-Katolieke Kerk se liturgiese jaar word die fees op 1 November gehou en in die Oosters-Ortodokse Kerk op die eerste Sondag ná Pinkster.[2] Oriëntale Ortodokse kerke van Chaldea en verbonde Oos-Katolieke kerke herdenk Allerheilige op die eerste Vrydag ná Paasfees.[3]

Op die vooraand van Allerheilige word Halloween gevier, oorspronklik as herdenking van die dooies.[4] Op die dag na Allerheilige word Allersiele ter herdenking van al die oorledene gelowiges gehou.

  1. (de) Lichter für die Toten, katholisch.de, besoek op 22 April 2019.
  2. (en) Sidhu, Salatiel; Baldovin, John Francis (5 Februarie 2013). Holidays and Rituals of Jews and Christians. p. 193. ISBN 978-1-4817-1140-1.
  3. "Syro Malabar Liturgical Calendar 2016" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 April 2019. Besoek op 22 April 2019.
  4. (en) Bannatyne, Lesley Pratt (1 Augustus 1998). Halloween: An American Holiday, an American History. Pelican Publishing. p. 12. ISBN 1-56554-346-7. Besoek op 22 April 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search