Allersiele

Allersiele, skildery deur William-Adolphe Bouguereau, 1859

Allersiele (Latyn: [Dies] in commemoratione omnium fidelium defunctorum, letterlik: "Dag van herdenking aan al die oorledene gelowiges") is 'n Christelike stille fees ter herdenking van al die oorledene gelowiges.[1] Die herdenking aan al die siele word in die liturgiese jaar op 2 November gehou, een dag ná die Hoogfees Allerheilige. Deur middele van gebed, voorbidding, aalmoese en kerkhofbesoeke gedenk die mense al die siele in die vaevuur en wy aflate aan hulle toe. Dus het die Allersiele-aflaat in die Rooms-Katolieke Kerk 'n besondere betekenis.

  1. (de) Lichter für die Toten, katholisch.de, besoek op 22 April 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search