Amalgaam

'n Amalgaam (van Grieks μάλαγμα malagma "weekmaker", deur Arabies Al Malgam en Latyn amalgama[1]) is 'n allooi van kwik, dit wil sê 'n oplossing van of 'n verbinding met 'n ander metaal.

Amalgame is reeds lank bekend. In 659 word dit beskryf in 'n Sjinese boek van Su Kung (die Materia Medica). Soms word die term amalgaam ook gebruik vir legerings van andere metale wat maklik smelt soos gallium of indium. [2]

  1. "Etymologiebank" (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 18 Januarie 2016.
  2. Giles Humpston, David. M. Jacobsen Principles of Soldering, 2004, ISBN 0-87170-792-6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search