Amfiproties

Die amfiprotiese eienskappe van bikarbonaat; by hoë en by lae pH vorm dit sy gekonjugeerde basis of suur

'n Chemiese molekuul of ioon word amfiproties genoem as dit sowel 'n proton kan afstaan as dit kan opneem.[1] 'n Amfiprotiese molekuul of ioon word 'n amfoliet genoem.

Die begrip is veral belangrik in die Brønsted-Lowry-teorie van sure en basisse.

'n Goeie voorbeeld van 'n amfiprotiese molekuul is ammoniak. Dit kan as protonakseptor optree en die ammonium-ioon vorm:

Maar dit kan ook as protonskenker optree, 'n proton verloor en 'n amied-ioon vorm:

'n Voorbeeld van 'n amfiprotiese ioon is die waterstofkarbonaat-ioon (of bikarbonaat):

Die bikarbonaatioon het dus as sy gekonjugeerde suur en as gekonjugeerde basis. Watter reaksie sal plaasvind hang af van die heersende pH. Koolsuur is nie stabiel nie en ontleed in en water.

  1. "Amphiprotic Substances". Science Ready. Besoek op 11 Julie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search