Animasie


Die bonsende rooi bal animasie (onder) bestaan uit hierdie ses rame.

Die animasie beweeg teen tien rame per sekonde.

Animasie is die vinnige vertoning van 'n reeks beelde van tweedimensionele kunswerke of modeleposisies in 'n poging om die illusie van beweging te skep. Dit is dus 'n optiese illusie wat waargeneem word as gevolg van die volharding van visie en kan geskep en gedemonstreer word op verskillende maniere. Die algemeenste metode van vertoning is as 'n rolprent of videoprogram, alhoewel daar ook verskeie ander vorms bestaan waarop animasie voorgestel kan word.

Animasie is 'n rolprentmedium, alhoewel dit dikwels (foutiewelik) as 'n genre beskou word. Animasierolprente kan egter tot enige rolprentgenre behoort, vanaf wetenskapsfiksie en fantasie tot drama en komedie. Alhoewel animasie 'n kamera, klank, kleur en stemme gebruik, gebeur al die bewegings, toneelspel, beligting, kostumering en stelinkleding eerstens op papier.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search