Anime

Voorbeeld van die tipiese tekenstyl vir 'n anime-karakter.

Anime (Japanneesアニメ ( luister)) is Japannese handgetekende of rekenaaranimasie. Die woord is die verkorte uitspraak van "animasie" in Japannees, waar hierdie term na alle animasie verwys.[1] Buite Japan word anime gebruik om spesifiek na animasie uit Japan te verwys of na 'n Japannese animasiestyl wat dikwels gekenmerk word deur kleurvolle grafika, lewendige karakters en fantasietemas.[2][3] Bes moontlik kan die stileringbenadering tot die betekenis dit moontlik maak dat anime in ander lande as Japan gemaak kan word.[4][5][6] Om dit eenvoudig te hou, beskou baie Westerlinge anime as slegs 'n animasieproduk van Japan.[3] Sommige vakkundiges gee te kenne dat deur anime as spesifiek of eg Japannees te definieer, dit op 'n nuwe vorm van oriëntalisme kan dui.

Die vroegste kommersiële Japannese animasie dateer uit 1917. Die produksie van animewerke in Japan het sedertdien geleidelik toegeneem. Die kenmerkende animekunsstyl het in die 1960's ontstaan met die werke van Osamu Tezuka. Dit het in die laat twintigste eeu internasionaal versprei en só 'n groot plaaslike en internasionale gehoor ontwikkel. Anime word in teaters, deur televisie-uitsendings, direk na tuismedia en oor die internet versprei. Dit word in verskeie genres geklassifiseer wat op verskillende algemene en nisgehore fokus.

Anime is 'n uiteenlopende kunsvorm met kenmerkende produksiemetodes en -tegnieke wat met die verloop van tyd met nuwe tegnologie aangepas is. Dit bestaan uit 'n ideale storievertel-meganisme, wat grafiese kuns, karakterisering, kinematografie en ander vorme van verbeeldingryke en individualistiese tegnieke kombineer. Die produksie van anime fokus minder op die animasie van beweging en meer op die realisme van die toneelplasing, asook die gebruik van kamera-effekte, insluitend panning, zoem en hoekskote. Aangesien anime per hand geteken word, word dit van die werklikheid geskei deur 'n belangrike fiksiegaping, wat 'n ideale pad na ontvlugting bied waarin gehore hulself met relatiewe gemak kan verdiep. Uiteenlopende kunsstyle word gebruik en karakters se proporsies en gelaatstrekke kan baie uiteenlopend wees, wat kenmerkend groot, emosionele of realisties grootte oë insluit.

Die animebedryf bestaan uit meer as 430 produksie-ateljees, insluitend groot name soos Studio Ghibli, Gainax en Toei Animation. Al bestaan dit net uit 'n klein deeltjie van Japan se plaaslike rolprentmark, maak anime die meerderheid van Japan se DVD-verkope uit. Dit het ook internasionale sukses behaal sedert al hoe meer titels in Engels oorgeklank is. Hierdie toename in internasionale gewildheid het gelei tot nie-Japannese produksies wat die animekunsstyl gebruik, maar hierdie werke word gewoonlik as animasie wat deur anime beïnvloed is beskryf, eerder as egte anime.

  1. "What is Anime?"
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named webster
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named anna
  4. Rush, Amanda (12 Julie 2013).
  5. O'Brien, Chris (30 Julie 2012).
  6. Fakhruddin, Mufaddal.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search