Antisemitisme

Geen Jode
Duitsland 1933: 'Duitsers! Verdedig jouself! Moenie by Jode koop nie!'
Slagoffers van die 1905-pogrom in Dnipro.

Antisemitisme is 'n haat vir, of vooroordeel teenoor Jode (m.a.w. Jodehaat). Jode het oor die geskiedenis dikwels met teenstand en selfs haat van ander te doen gekry. Antisemiete diskrimineer teen Jode as gevolg van hulle etnisiteit of godsdiens. Verskeie vorme van weerstand is later met die term 'antisemitisme' saamgevat. Dit sluit diskriminerende wette, en selfs moord op Jode, soos tydens pogroms en die Sjoa (Holocaust) in.

Hoewel die woord 'antisemitisme' haat jeens alle Semiete (sprekers van Semitiese tale, waaronder Arabiere) insluit, is die term slegs op Jode van toepassing. Die term antijudaïsme word ook soms gebruik, veral deur teologiese teenstanders van die Jodedom (dus nie op etnisiteit, maar teen die Joodse geloof gerig).

Antisemitisme het sy hoogtepunt tussen 1933 en 1945 met die Sjoa, ook bekend as die finale oplossing, bereik. Die plan was om van die totale Joodse bevolking in Europa ontslae te raak. Ongeveer ses miljoen Europese Jode is as gevolg van die Nazi-leier Adolf Hitler se optrede dood. Volgens hom was die Jode 'n rasgroep met swak natuurlike eienskappe.

Antisemitisme is vandag steeds algemeen. 'n Opname in 2011 deur die Pew Research Center toon dat Moslem-lande in die Midde-Ooste oor die algemeen steeds 'n slegte indruk van Jode het.[1] Slegs 2% van Egiptenare, 3% van die Libanese Moslems en 2% Jordaniërs het 'n gunstige houding jeens Jode. In 'n 2013-opname van 5847 Jode in Europa, het 76% gedink dat antisemitisme oor die afgelope vyf jaar toegeneem het en 29% het emigrasie oorweeg omdat hulle onveilig voel.

  1. Muslim-Western Tensions Persist: Common Concerns About Islamic Extremism

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search