Antropologie

’n Antropoloog by lede van ’n inheemse Amerikaanse volk.

Antropologie is die studie van die mens, menslike gedrag en gemeenskappe van die verlede en hede.[1][2][3] Sosiale antropologie is ’n studie van gedragspatrone en kultuurantropologie[1][2][3] van kulturele betekenis, insluitende norme en waardes. Linguistiese antropologie bestudeer hoe tale die sosiale lewe beïnvloed en biologiese of fisieke antropologie[1][2][3] die biologiese ontwikkeling van die mens.

Argeologie, waarin menslike bedrywighede bestudeer word deur ’n ondersoek na fisieke bewyse, word in die VSA en Kanada as ’n tak van antropologie beskou, terwyl dit in Europa beskou word as ’n dissipline uit eie reg of gegroepeer saam met ander, verwante dissiplines soos geskiedenis.

  1. 1,0 1,1 1,2 "anthropology". Oxford Dictionaries. Oxford University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2016. Besoek op 10 Augustus 2013.
  2. 2,0 2,1 2,2 "anthropology" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2015. Besoek op 23 Maart 2015. {{cite web}}: Onbekende parameter |encyclopedia= geïgnoreer (hulp)
  3. 3,0 3,1 3,2 "What is Anthropology?" (in Engels). American Anthropological Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2015. Besoek op 10 Augustus 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search