Arbitrasie

Arbitrasie is 'n wetlike middel om geskille tussen partye buite die hof te skik. Die partye verwys hulle geskil na 'n derde neutrale party (arbiter) en kom ooreen om hulself deur die party se beslissing te laat bind. Anders as ander middele vir die skikking van geskille (mediasie en onderhandeling) is die beslissing net soos in 'n hofgeding bindend op die betrokke partye.

Arbitrasie word meestal gebruik om kommersiële geskille op te klaar en soms om skuldverpligtinge af te dwing. In baie lande word dit ook gebruik om arbeidsgeskille, geskille tussen verbruikers en verskaffers en selfs geskille tussen familielede by te lê.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search