Archimedes

Archimedes
Archimedes, soos voorgestel deur die Italiaanse skilder, Domenico Fetti, in 1620

Gebore ca. 287 v.C.
Sirakuse, Sisilië, Magna Graecia
Oorlede ca. 212 v.C. (op ca. 75)
Sirakuse, Sisilië
Blyplek Sirakuse, Sisilië
Vakgebied Wiskunde, fisika, ingenieurswese, sterrekunde, uitvinding
Bekend vir Archimedes se beginsel
Archimedes se skroef
Hidrostatika
hefbome

Archimedes van Sirakuse (Grieks: Άρχιμήδης) (287 v.C.212 v.C.) was ’n antieke Griekse wiskundige, fisikus en ingenieur. Alhoewel min oor sy lewe bekend is, word hy beskou as een van die leidende wetenskaplikes in die klassieke oudheid. Benewens sy ontdekkings in die veld van wiskunde en meetkunde, word die vervaardiging van masjiene wat hul tyd ver vooruit was aan hom toegeskryf.[1]

Hy het die fondamente van hidrostatika gelê en die beginsel van die hefboom verklaar, die toestel waarop meganika gebaseer is. Sy vroeë vorderings in wiskundige analise sluit in die eerste bekende samevatting van ’n oneindige reeks, met 'n metode wat vandag gebruik word.

Die geskiedkundiges van Antieke Rome het 'n sterk belangstelling in Archimedes getoon en verslae van sy lewe en werk geskryf, terwyl die relatief min kopieë van sy verhandelings wat die Middeleeue oorleef het 'n invloedryke bron van idees was vir wetenskaplikes tydens die Renaissance.

In verband met dryfvermoë het Archimedes die volgende gesê:

Enige voorwerp, heeltemal of gedeeltelik gedompel in 'n vloeistof, word opgestoot deur 'n krag gelyk aan die gewig van die vloeistof wat deur die voorwerp verplaas word. - Archimedes
  1. O'Connor, J.J. and Robertson, E.F., MacTutor, Archimedes van Syracuse, Januarie 1999

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search