Argentyns-Antarktika

Antártida Argentina
Argentyns-Antarktika
Vlag van Argentyns-Antarktika Wapen van Argentyns-Antarktika
Vlag Wapen
Nasionale leuse: En unión y libertad
(Spaans vir: "In Eenheid en Vryheid")
Volkslied: Himno Nacional Argentino
Ligging van Argentyns-Antarktika
Hoofstad Esperanza-basis

63°24′S 57°0′O / 63.400°S 57.000°O / -63.400; 57.000Koördinate: 63°24′S 57°0′O / 63.400°S 57.000°O / -63.400; 57.000

Grootste stad Esperanza-basis
Amptelike tale Spaans (de facto)
Regering
President
• Goewerneur
Argentynse oorsese gebied
Cristina Fernández de Kirchner
Fabiana Ríos
Onafhanklikheid
Stigting
• Geëis


20ste eeu
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
965 597 km2  
372 819 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2010-skatting
 - Digtheid
 
230 (-)
/ km2
Geldeenheid Argentynse peso (ARS)
Tydsone
 - Somertyd
ART (UTC-3)
nie toegepas nie (UTC-3)
Internet-TLD .ar, aq
Skakelkode +0054 + 02901
Kaart wat geëiste gebiede op Antarktika vertoon
Argentynse basisse in Antarktika (permanente basisse in rooi)

Argentyns-Antarktika (Spaans: Antártida Argentina) is 'n sektor van Antarktika wat deur Argentinië as deel van sy nasionale grondgebied beskou word. Die Argentyns-Antarktiese gebied, wat bestaan uit die Antarktiese skiereiland en 'n driehoekige gedeelte wat tot by die Suidpool strek, word begrens deur die 25° Wes- en 74° Wes-meridiane en die 60° Suid-breedtegraad. Administratief is Argentyns-Antarktika 'n department van die provinsie van Tierra del Fuego, Antarktika en Suid-Atlantiese Eilande. Die provinsiale owerhede is in Ushuaia gesetel en die Goewerneur wys elke jaar sy afgevaardigde vir die Antarktika gebied aan, wat dus burgerlike mag in die gebied verteenwoordig. Daar is oorvleuelende aansprake op die gebied deur Chili en die Verenigde Koninkryk. "Burgerlike mag" van enige van die administrateurs strek dus niks verder as die land se eie basisse nie.

Argentynse verkenning van die gebied het vroeg in die 20ste eeu begin. José María Sobral was die eerste Argentyn om Antarktika in 1901 te betree, waar hy twee seisoene met die ekspedisie van dr. Otto Nordenskjöld spandeer het. Kort daarna, in 1904, tree die Orcadas-permanente basis reeds ten volle in werking. Jare later word ander basisse opgerig, sommige permanent en ander seisoenaal. Die eerste Argentynse ekspedisie om die Suidpool te bereik was die Operación 90 in 1965.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search