Argitektuur

Antieke Griekse argitektuur
Neomodernistiese argitektuur in Pretoria

Argitektuur (afgelei van die Latynse architectura en ontleen van die Griekse ἀρχιτεκτονία architektonía "boukuns, argitektuur" en ρχιτέκτων architekton "argitek", 'n samestelling van ρχι- "hoof" en τέκτων "skepper") is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies.[1] Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken.[2]

  1. Architekt.de - Forum für Architektur. Besoek op 4 September 2020
  2. Monika Schill-Fendl: Planungsmethoden in der Architektur. Books on Demand 2004, bl. 51

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search