Artillerie

Brasiliaanse artillerie op die Gotiese lyn, September 1944
SANDF G6 by die Klipdrift militêre basis

Artillerie is slegs een van verskeie afdelings van die grondmagte van 'n weermag. Hierdie afdeling behels geskut of kanonne met 'n kaliber van minstens 15 mm. Hulle word saam met die infanterie, die geniekorps of die gemeganiseerde kolonnes beskou as taktiese wapens van die grondmagte.

Die woord artillerie om vat nie net die wapentuig nie maar ook die personeel en alles wat nodig is vir die bediening van die geskut. Omdat die artillerie, soos die kavallerie, vroeër ook van perde gebruik gemaak het (om die kanonne te trek), word dit selfs vandag nog as 'n berede afdeling beskou. Gewoonlik word daar onderskeid gemaak tussen lugafweer-, veld- en anti-tenkartillerie. Die taak van die veldartillerie is om die infanteris en berede troepe in tenks, pantservoertuie en infanteriegevegsvoertuie op die slagveld te ondersteun en vyandelike vliegtuie te beveg, hoewel dit soms ook teen grondteikens gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search