Astrofisika

NGC 4414, ’n tipiese spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Berenice se Hare, is ongeveer 56 000 ligjare in deursnee en ongeveer 60 miljoen ligjare van die aarde af.

Astrofisika is die deel van sterrekunde en fisika wat die fisiese heelal bestudeer. Dit handel oor eienskappe, soos ligsterkte, digtheid, temperatuur en chemiese samestelling, van hemelliggame soos sterre en sterrestelsels. Die studie van kosmologie is die teoretiese sy van astrofisika op die grootste moontlike skaal, waar die algemene relatiwiteitsteorie van Albert Einstein ’n belangrike rol speel.

Omdat astrofisika ’n baie groot veld dek, word verskeie velde betrek soos meganika, elektromagnetisme, statistiese meganika, termodinamika, kwantummeganika, relatiwiteit en kern-, deeltjie-, atomiese, optiese en molekulêre fisika.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search