Avant-garde

'n Publisiteit foto uit The Love of Zero, [1] 'n 1927 avant-garde kortfilm deur Robert Florey.

Avant-garde (uit Frans, letterlik "voorhoede") verwys na mense of werk wat eksperimenteel, radikaal of onortodoks is met betrekking tot kuns, kultuur en die gemeenskap.[2] Die oorspronklike term verwys na ’n groep soldate wat vooruit gestuur word met die doel om ’n gebied te verken.

In die kunste kan dit gekenmerk word deur nietradisionele, esteties innoverende en aanvanklik onaanvaarde praktyke.

Die avant-garde verskuif die grense van wat as die norm of status quo aanvaar word, veral wat kultuur betref. Dit word deur sommige beskou as ’n waarborg van modernisme, in teenstelling met postmodernisme. Baie kunstenaars het hulle met die avant-garde-beweging vereenselwig en doen dit steeds, van Dada tot die postmoderne kunstenaars van omstreeks 1981.[3]

  1. The Love of Zero op YouTube
  2. Picchione, John (2004). The New Avant-garde in Italy: Theoretical Debate and Poetic Practices. University of Toronto Press. p. 64. ISBN 978-0-8020-8994-6.
  3. UBU Web List of artists from Dada to the present day aligning themselves with the avant-garde

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search