Baanhelling

Fig. 1: ’n Voorbeeld van inklinasie i (groen) en ander wentelparameters.

Baanhelling of wentelinklinasie meet die helling van ’n voorwerp se wentelbaan om ’n hemelliggaam. Dit word uitgedruk as die hoek tussen ’n verwysingsvlak en die wentelvlak of rigtingsas van die wentelende liggaam.

As ’n satelliet reg bo die ewenaar om die Aarde wentel, is die vlak van die satelliet se wentelbaan dieselfde as die Aarde se ewenaarvlak, en die satelliet se baanhelling is dus 0°. Gewoonlik is die wentelvlak van ’n liggaam gekantel en bring die liggaam die helfte van sy wentelbaan in die noordelike halfrond en die ander helfte in die suidelike halfrond deur. As die wentelbaan wissel tussen die breedtegrade 20° noord en 20° suid, is die baanhelling 20°.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search