Barbados

Barbados
Vlag van Barbados Wapen van Barbados
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pride and Industry
(Engels vir: "Trots en ywer")
Volkslied: In Plenty and In Time of Need
(Engels vir: "In rykdom en in tye van nood")
Ligging van Barbados
Hoofstad Bridgetown

13°6′N 59°37′W / 13.100°N 59.617°W / 13.100; -59.617

Grootste stad Bridgetown
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Sandra Mason
Mia Mottley
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet
Republiekwording

30 November 1966
30 November 1966
30 November 2021
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
430[1] km2  (201ste)
166 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
304 139[1] (181ste)
269 090[2]
626 / km2 (17de)
1 621 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$6,721 miljard[3] (175ste)
$23 050[3] (90ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$7,647 miljard[3] (165ste)
$26 228[3] (50ste)

MOI (2022) 0,809[4] (62ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Dollar (BBD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .bb
Skakelkode +1-246

Barbados (Engels: [bɑːrˈbeɪdɒs] of [bɑːrˈbeɪdoʊs], ; Portugees en Spaans vir: "bebaard") is ’n eilandstaat ten ooste van die Karibiese See in die Atlantiese Oseaan en noordoos van Venezuela.[5] Dit is die mees oostelike eiland van die Karibiese Bowindse Eilande. Hierdie eilandstaat in Noord-Amerika beslaan ’n oppervlakte van 430 km² en het ’n bevolking van 304 139 in 2024 gehad.[1] Die hoofstad en grootste stad is Bridgetown, waarvan die historiese middestad in 2011 as ’n Unesco-wêrelderfenisgebied gelys is.

Nasa-satellietbeeld van Barbados
Kaart van Barbados
Kaart van Barbados

As eerste Europeërs het die Portugese Barbados op pad na Brasilië bereik en dit is deur die Portugese ontdekkingsreisiger Pedro a Campos Los Barbados ("die bebaarde") genoem. Dié eiland is aansluitend deur die Portugese en die Spaanse Ryk opgeëis, maar nooit deur hulle gekoloniseer nie. Op 14 Mei 1625 het die eerste Engelse skip met koloniste Barbados bereik én dié eiland is tydens die volgende Britse koloniale bewind veral deur Engelse, Iere en Skotte bevolk én by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Ná 339 jaar onder Britse heerskappy het Barbados op 30 November 1966 ten volle van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Sedertdien was dit ’n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk as die staatshoof van dié land. Die naam van Barbados is soortgelyk aan dié van Barbuda, een van die twee hoofeilande van die Karibiese eilandstaat Antigua en Barbuda, wat deur die Spanjaarde Las Barbudas ("die bebaardes") genoem is. Die internasionale popster Rihanna is ook ’n boorling van Barbados.[5]

Op 15 September 2020 het die regering van Barbados aangekondig, ter geleentheid van die 55ste onafhanklikheidsdag op 30 November 2021 ’n republikeinse stelsel in te voer en met die monargie weg te doen.[6] Op 30 November 2021 het die sittende goewerneur-generaal Sandra Mason koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die eerste president van Barbados geword.[7]

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Barbados". Central Intelligence Agency. Besoek op 12 Februarie 2025.
  2. (en) "2021 Population and Housing Census Report – August 1, 2021" (PDF). Statistiese Diens van Barbados. 1 Augustus 2021. Besoek op 12 Februarie 2025.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Barbados". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 12 Februarie 2025.
  4. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 12 Februarie 2025.
  5. 5,0 5,1 HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  6. (en) "Barbados to remove Queen Elizabeth as head of state". BBC. 15 September 2020. Besoek op 12 Februarie 2025.
  7. (en) "Barbadians celebrate the birth of a republic and bid farewell to the Queen". CNN. 30 November 2021. Besoek op 12 Februarie 2025.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search