Barbituraat

Barbituursuur, die moederstruktuur van alle barbiturate.

’n Barbituraat is ’n middel wat as depressant van die sentrale senuweestelsel gebruik word. Dit het ’n moontlik verslawende uitwerking en ander newe-effekte, en ’n oordosis is moontlik. Hulle is meestal deur ander middels vervang in die behandeling van byvoorbeeld angs en slaaploosheid omdat dié middels ’n laer risiko vir verslawing inhou en weens die gebrek aan ’n teenmiddel vir ’n oordosis van barbiturate. Barbiturate word egter steeds gebruik in sekere gevalle soos die behandeling van epilepsie en akute migraine, genadedood, teregstellings en bygestaande selfmoord.[1]

Die naam barbituraat kom van barbituursuur, waarvan barbiturate almal chemiese derivate is.[2]

  1. "DIGNITAS". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2018. Besoek op 14 Junie 2011.
  2. Edward R. Garrett; Jacek T. Bojarski†; Gerald J. Yakatan (21 September 2006). "Kinetics of hydrolysis of barbituric acid derivatives". Journal of Pharmaceutical Sciences. 60 (8): 1145–54. doi:10.1002/jps.2600600807. PMID 5127086.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search